«

Print this Post

Waarom dra ek ‘n Vuurwapen

(Vertaal uit die taal van die vyand.)

My oupa het vir my gesê: “Boeta, daar kom ‘n tyd in elke man se lewe wanneer hy ophou om sy kneukels te breek. Hy gebruik dan eerder ‘n vuurwapen. Dit gebeur gewoonlik wanneer hy te oud is om te baklei, of die situasie in die land versleg so, dat hy nie meer kan baklei sonder ‘n vuurwapen nie.

Ek dra nie ‘n vuurwapen om mense dood te maak nie. Ek dra ‘n vuurwapen om te verhoed dat ek doodgemaak word.

Ek dra nie ‘n vuurwapen omdat ek wreed is nie. Ek dra ‘n vuurwapen omdat ek al lank genoeg in die land is, en het reeds die wreedheid van dié wêreld gesien.

Ek dra nie ‘n vuurwapen omdat ek die regering haat nie. Ek dra ‘n vuurwapen omdat ek die beperkings van die regering verstaan.

Ek dra nie ‘n vuurwapen omdat ek kwaad is nie. Ek dra ‘n vuurwapen omdat ek nie die res van my lewe met selfverwyt wil leef, omdat ek nie voorbereid was nie

Ek dra nie ‘n vuurwapen omdat ek iemand wil dood skiet nie. Ek dra ‘n vuurwapen omdat ek eendag op ‘n ryp ouderdom in my bed wil doodgaan van natuurlike oorsake, en nie iewers op ‘n sypaadjie môre middag nie.

Ek dra nie ‘n vuurwapen om my meer soos ‘n man te laat voel nie. Ek dra ‘n vuurwapen omdat mans weet hoe om na hulle self en hulle geliefdes om te sien.

Ek dra nie ‘n vuurwapen omdat ek onbevoeg is om myself te verdedig nie. Ek dra ‘n vuurwapen omdat ek te enige tyd deur 2 of 3 gewapende boewe aangeval kan word, ongewapen is ek dan onbevoeg.

Ek dra nie ‘n vuurwapen omdat ek lief is vir vuurwapens nie. Ek dra  ‘n vuurwapen omdat ek lief is vir die lewe en vir die mense wat betekenis gee aan my lewe.

Polisie beskerming is ‘n mite. Vry burgers moet hulself beskerm omdat die polisie ons nie kan beskerm teen misdaad nie. Hulle kom ondersoek net die toneel nadat die misdaad gepleeg is, dan kry hulle soms iemand in om te kom opruim wanneer hulle ondersoek voltooi is.

Uit my oogpunt gesien. Ek dra ‘n vuurwapen wat ek vertroud is mee omdat ek te jonk is om dood te gaan, en te oud is om te baklei.

Permanent link to this article: http://kalaharijagkamp.co.za/site/waarom-dra-ek-n-vuurwapen/